Om deur die skep van 'n blomskildery met die natuur in gesprek te tree, is net een manier om weer by jouself uit te kom. Jou tuin hou die belofte in van gesprekke met die seisoene. Jy kry die geleentheid om die geur en kleur opnuut met jou sintuie te leer ervaar. Verewig jou belewenisse deur middel van die tegniese vaardighede wat jy by Artkat kan ontdek.

Johanna Prinsloo:
Akrielverf met olieverf en blaargoud.
'n Waterverf-blomstudie in proses 1. Voorafskets van blom nog sigbaar
2. Voltooide waterverf
Johanna Prinsloo: Houtskoolskets met olieverf.
Johanna Prinsloo: Blokplasing van vier kappertjie-skilderye in akriel

Johanna Prinsloo: Olieverfskilderye van verskillende lelies uit die tuin