Akrielverf is so populêr omdat dit soveel vinniger as olieverf droogword. Kunswerke kan dus binne 'n korter tydperk gedoen word, en resultate kan gouer gesien word.

Die helder, skoon kleure van akrielverf is ideaal vir iemand wat 'n natuurlike aanvoeling vir kleur het. Dit kan ook as 'n onderlaag vir olieverf gebruik word.

Jy sal leer hoe om basiese kleurtegnieke te gebruik en dit in akrielverf aan te wend. Alles wat jy leer, pas jy prakties in die ateljee en in die buitelug toe. Kom meer te wete oor -
• verskillende soorte akrielverf
• verskillende skilderoppervlakke
• portret
• landskap
• figuur
• stillewe
• toepaslike abstraksie
• toepaslike kunsgeskiedenis
Sodra jy gemaklik is met die medium, word jy na die algemene kunsklas oorgeplaas.